Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 41

Stasie

Оглавление

Kon die velde teer lig, en vinnig verby

my venster – ontdaan van strakheid,

klipkoppies en kleinlandery;

met stampers van staal en beton

elke dorp tussen vlaktes en berge,

’n kortstondige blom –

die nag alles vervreem

tot die naspel van gesprekke en heuwels,

en daarna tot beweging alleen,

dan sou ek U ken; maar my hart

met al sy aardse beelde, bly

in verbeide verstard.

Versamelde poësie

Подняться наверх