Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 32
На сайте Литреса книга снята с продажи.
Dank
ОглавлениеEk bring aan jou die eerste vrugte van die land
met ingehoue vreugde en met dankbaarheid:
’n mieliekop, lemoen of roos op skurwe hand
gedra as nuwe huldes van seisoen en tyd;
jaarliks die eerste piesangtros uit die vallei
waar gramadoelas was, omdat ek nou nog voel
sonder jou liefde is die graaf te swaar vir my
en val die geil reëns van die berge sonder doel.