Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 24

Voorwinter

Оглавление

Ek mis jou losgestorte hare teen

my hals in hierdie kwynende seisoen;

ek weet vereensaam in die nag alleen

hoeveel ek nog vertrouelik wou doen.

As strakgespanne palmvingers tril

en bome nie meer blad of bloeisel dra,

maar alles kaal word en die nagte kil

dan brand in my die rooi poinsettia.

Versamelde poësie

Подняться наверх