Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 37
Phoenix
ОглавлениеAs ek die skrale plaat stapelia
en sand nie langer kan verdra,
die daelikse vaal verwaaiings van die kim
en snags die sterre wat eenselwig bo my klim,
sal my moeë vlerke tussen wind,
stapelia en ster die nis weer vind
in holtes van die horisonne
waar ’n vlammenes in jou soos ongebore sonne
magies deur my liggaam brand,
tot ek opnuut ’n waterglans oor plate sand
ontwaar, jong plakkies en stapelia.