Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 44
Absalom
ОглавлениеVergeefs het vergesigte
voor sy gevange hoof geblink,
al het die muil nog lank
gestaan en water drink.
In na-doodnagte roer sy lippe
roepend en verstar
tussen hemel en die klippe,
met sy denke in die takke
van ’n afgestorwe wêreld
nog verwar.