Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 55

Borrel

Оглавление

Vanuit die binne-aarde

langs die Swartfolosi styg

gasse wat die modder stoot,

laat opswel en plap

en met die terugstort van klei in klei

in skoner lug ontsnap.

Gis siel na siel ook so

vanaf U donker wese los

om aarde tydelik te du tot my,

tot Zoeloe, tarentaal en vingerpol?

Maar met die terugsteier van klei in klei

breek U suiwerder ooit los?

Versamelde poësie

Подняться наверх