Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 61
William Blake
ОглавлениеHy het verontrus in laat
nagte deur Londen se strate
rondgedwaal, en is vereensaam van die mens
teruggedryf tot by die grens
waar hy gesels met blom en dier en gees,
maar weet dat God in iedereen moet wees
met eienskappe ingeperk
teenstrydiglik in tand en vlerk,
in wurm en die roos, die lam, die tier;
dat Hy die hartstog is, maar ook die vuur
wat alles lok tot daardie gulde gang
waarna die moeë sonneblom verlang.