Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 54
Donker hart
ОглавлениеSoggens langs die hoogwaterstreep
huiwer ek vir stukkies spons en kreef . . .
Het ek lank gelede op ’n riet
U die asynspons aangebied?
Uit watter verborge water is
my drome verbreekte dop en vis?
en bosse, kranse om my uitgestort,
gebroke tekens van ’n stryd geword?
Die son verwaai . . . tot ’n verskeurde spinnerak
van sterre aan ’n donker tak.