Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 57

Dertiende dissipel

Оглавление

Toe die dassie huil onder die daeraad

het ek verskrik die skuiling by die kruis verlaat,

terug na U, o God, wat onvermoeid tot selfvolmaking

deur gestaltes van die aarde wring,

deur die geslote sluimer van die ysterklip, die tas

in trae ranke van die wildedruif, die slu-gekaste

oë van die mamba; terug om in alleengeveg

volgens my sterkte U verlossing te besleg.

Toe die dassie huil moes ek Sy kruis verlaat

want teenoor U was dit my lang verraad.

Versamelde poësie

Подняться наверх