Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 45
Na die myninstorting
ОглавлениеOns wat gedurig moes verdien,
het nooit met kommerlose oë
U daggeel lig gesien;
ons moes soos sonnelose gras verkwyn
in klamme skaduwees van die masjien.
Met pletterende klippeval
het U ons skielik afgesluit
van kinders, tuine en die vyfuurfluit
om rond te swerf deur U heelal.
Maar ons kan klippe net vergruis,
in hierdie vreemde glans van U
is ons nie tuis.