Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 43

Kind van die aarde

Оглавление

Ten spyte van verdrukking en die pyn

het hy die aarde, see en die sonskyn

so lief gehad, hy kon dit nie verlaat

met sy verlede in verval en kwaad

vertak, in swaarkry en verdriet; sy hart

is met die aardse dinge so verward

hy sou in hemele as ’n gevange gees

ewig aan hulle nog verbonde wees.

Hy is met wilde golfslag skielik deur

die dood van hierdie aarde losgeskeur

en in koel waterwindsels toegewoel

op verre strande eensaam uitgespoel,

maar in die krampgreep van sy vingers was

die laaste tart: groen, afgeskeurde gras.

Versamelde poësie

Подняться наверх