Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 29
Drif
ОглавлениеOmdat jy so my siel met hoë kragte laai,
weet ek as hierdie rype liggaam van hom stort
in rooi herfswinde om met nuwe lus te waai
tot dit die diep gevlam van krotonblare word,
sal ek alreeds met vreugde styg bo verre
stede en die fosforsome van die oseane,
verby die witgevlerkte sterre
en silwer trosse van jong mane . . .
totdat die opgegaarde kragte
uiteindelik my keer
na waar dryfveer en gedagte
oopruim tot ’n selfbeskore sfeer.