Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 34
Vrees van die arbeider
ОглавлениеBitter dwaal ek met die skande
dat my moeë en vereelte hande
nie die dinge bring aan jou
wat jy van my kan eis as vrou;
jou oë wat in stiller ure wys
jy droom oor ’n “verlore paradys”!
In my groei die grou vermoede
jy het my in my groot armoede
sonder liefde, sonder haat
al maande, jare reeds verlaat.