Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 27

Eilandgroep

Оглавление

Dit is maar enkel waan

dat ons ’n eenheid was;

groot stromings van die oseaan

het ons geëiland tot ’n argipel

van enkelinge waar ons briewe rou en skel

van strand tot strand soos meeue fladder

en van mekaar se eensaamheid vertel.

Wild staan die palms bo die water,

palms, bamboes en die gras,

maar in onbewuste dieptes êrens . . .

êrens is ons aan mekaar nog vas.

Versamelde poësie

Подняться наверх