Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 56
На сайте Литреса книга снята с продажи.
Verbond
ОглавлениеDie apie deur die tierboskat gevang,
kla droewig teen die berg se ruie hang
met die verdriet van God, dog sterf sonder verwyt
teenoor die tande wat hom byt;
twee koedoes in die groot geveg
met horings onontkoombaar vasgevleg
kwyn nydig langs die spruit, maar deur hul stywe oë
breek uiteindelik die wedersydse mededoë.