Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 63

Sinjale

Оглавление

Deur die laat stilte

van my kamer jaag

motors en teen die mure

wankel en tol

Plato se skadu-figure;

iemand op die ondervloer katrol

die drade van sy gloeilamp

uit my rug en maag;

om my skryn die kil morse-kode

van nagdiertjies

en soos oor Sappho twee duisend jaar gelede

kantel die Sewegesternte

oor na die dode.

Versamelde poësie

Подняться наверх