Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 7

Heilige beeste

Оглавление

Dit is my laaste besit

wat ek bedags langs die Taka verdedig

en snags in die kraal tussen kiepersol en klip:

hulle wat wei

waar die hadida in die noorsboom wag

bo peule, miershoop en gras;

hulle wat afhanklik is

van die bul wat die sand krap

en die reuk van die koei nog vat;

hulle wat afstam

van kuddes deur dansende impi’s omring

in die koningskrale van Senzangakona en Dingaan;

hulle my drie drifte:

die aardse, die vrou en die Groot-Groot-Gees

oor die kraal tussen kiepersol en klip.

Versamelde poësie

Подняться наверх