Читать книгу Versamelde poësie - D.J. Opperman - Страница 14

Reën in die Bosveld

Оглавление

Lang maande lê die reënboog

in ’n miershoopgat gekrul,

blink en nat soos ’n voël se oog.

En winternagte as die steenuil fluit,

blaas ’n wit os op die rivier

dik mis teen riete en die walle uit . . .

Maar een middag bulk hy in die poort, swaai boos

sy horings oor die klowe,

en uit ’n miershoop vlieg die voël omhoog.

Versamelde poësie

Подняться наверх