Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 27

22 Januarie

Оглавление

Ligloop vir reg wil wees

Prediker 7:8 – ’n Taak wat voltooi is, is beter as die begin. Geduld is beter as hoogmoed. (NLV)

Vroeg in die huwelik glo ons nog optimisties ons maat sal ons wel eendag volkome gelukkig maak. Vanself gelukkig wees is skynbaar iets wat jy eers later in jou lewe aanleer.

Wanneer paartjies vir hul eerste sessie saam by my sit, vra ek altyd van wanneer af die probleem begin het. En dis die klaer wat eerste antwoord dat dit nog eintlik altyd so was, maar dat die hoop bestaan vir verandering.

Teen daardie tyd het ek klaar ’n nota gemaak om oor geduld te gesels. En oor aanvaarding. Sommige mense tree beslis onaanvaarbaar op en moet uiteraard hul negatiewe gedrag aanspreek, maar dis meestal die verwagtings van die partye wat werk nodig het.

Sekere gedrag gaan jou maat net nooit aanleer nie. Die beoordeling van die gedrag as reg of verkeerd gaan net na konflik lei. As julle kan beoordeel of julle as paar met die gedrag kan leer saamleef, is die oplossing al op die horison.

Konflik gaan dikwels oor die behoefte om te wil reg wees. Hierdie reg wees kom vanuit jou eie perspektief oor verhoudings en is moontlik nie dieselfde as jou maat s’n nie – wat natuurlik ook reg mag wees!

Dis nou hier waar my geduldnota gevolg word met die geduldgesprek. Skuif jou fokus weg van wat jou maat doen, en vra jou af wat jy kan doen om die situasie te verbeter. Onthou, bly weg van reg wil wees. Die meeste verhoudingsituasies het weinig met reg te doen. Geluk vloei nie uit reg wees nie, maar uit diens aan die verhouding. Soms dien jy, en soms dien ek.

Dien ek my maat in my verhouding?

Vader, help my om weg te bly van wil reg wees met my maat. Amen

Duet

Подняться наверх