Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 35

30 Januarie

Оглавление

God se stem oor jou huwelik

Matteus 1:20 – Met hierdie dinge in gedagte het hy aan die slaap geraak. Daarop verskyn ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees.” (NLV)

Verhoudings bring uitdagings. Ek het al dikwels aan Josef se situasie gedink. Hy moes darem maar sterk vertroue in God en ook in sy geloof in Hom gehad het om hierdie uitsonderlike boodskap te kon aanvaar. Tog aanvaar Josef die geldigheid daarvan. Dit spreek van ’n volwasse verhouding met sy God.

In tye van uitdaging kan mens jou tot God wend vir antwoorde. Soms is die antwoord op jou gebed egter nie die pad waarop God jou wil lei nie. Die uitdaging in jou lewe is dikwels daar om jou nader aan Hom te bring, en daar te hou.

In verhoudings duik daar soms uitdagings op wat nie binne die verhouding alleen opgelos of beantwoord kan word nie. Soms is daar geen antwoorde op die vrae wat ons vir ons lewensmaat wil vra nie. Ons kan net insig hierin by God kry. Ons kan gewoonlik eers oor ons maat se eienaardighede en eksentriekheid glimlag wanneer ons daardie aanvaarding by Hom gaan soek.

Josef aanvaar God se verduideliking van die nuwe uitdaging aan sy verhouding met Maria juis omdat hy in verhouding met God is. Die klem lê glad nie op Maria se verduideliking nie. Pas hierdie voorbeeld toe op jou eie verhouding en fokus meer op die insig wat God bring as op die pogings van jou lewensmaat.

Soek en hoor ek God se stem oor my huwelik?

Vader, help my om my verhouding met U eerste te stel en die antwoorde vir die lewe by U te vind. Amen

Duet

Подняться наверх