Читать книгу Duet - Johan Ferreira - Страница 33

28 Januarie

Оглавление

Laat Hy jou beker vul

Openbaring 21:6 – Verder het Hy vir my gesê: “Dit is afgehandel. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Iemand wat dors het, sal Ek verniet laat drink uit die fontein met lewegewende water.” (NLV)

Ek kan nie onthou hoekom ons waterbekers begin versamel het nie. Maar nou staan daar ’n hele klomp sy aan sy op twee rakke in die kombuis – van spierwittes tot ’n vet ronde een met blou en wit strepe. ’n Vriendin het vir ons die groene met die kartelrandjie gegee. Hoewel die rakke vol is, bly ek op die uitkyk vir mooi bekers en het ek ’n ou silwerbeker by ’n snuisterywinkel raakgeloop.

Ons gebruik graag die bekers om water te bedien as kuiergaste om die lang tafel aansit. Soms word dit ’n blompot vir ’n gerf blomme of ’n tak met suurlemoene uit die tuin. Maar meestal staan die bekers leeg op die rak net vir die mooi.

In sy Woord is talle verwysings na bekers: die beker van oordeel, van verdriet en selfs een vol angs. Vir die Fariseërs sê Jesus: “Maak eers die binnekant van die beker skoon en dan sal sy buitekant ook skoon wees.” En aan sy dissipels: “Neem die beker en drink.” Vir my bly die leë bekers simbool van ’n lewe reg om gevul te word met die Gees, met die water van die ewige Lewe, met God se liefde om daarna te skink aan elkeen wat dors het.

Voel jy dors, hunker jy na meer? Laat God die kruik van jul huwelik van voor af met sy lewende water vul.

Here, ek roep soos die vrou by die put: “Gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hoef te kom water haal nie.” Amen

Duet

Подняться наверх