Читать книгу In God se teenwoordigheid - Johan Smit - Страница 86

21 Maart

Оглавление

Hoe lyk jou CV?

Tog sou ek ook op uiterlike dinge kon vertrou. As iemand meen dat hy op uiterlike dinge kan vertrou, ek nog meer … Filippense 3:4

Maar wat eers vir my ’n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus, ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Filippense 3:7–8

Hoe lyk jou CV? Watter prestasies het jy behaal? Oor watter akademiese kwalifikasies beskik jy? Is jy ’n bekende naam in die sakewêreld? Ek lees onlangs ’n aantal CV’s van mense wat vir ’n belangrike betrekking aansoek doen. Almal uitmuntende persone. Die dinge wat hulle onderskei, is onder meer akademiese prestasies, gemeenskapsdiens en leierskap. Natuurlik is dit alles uitstekende aanbevelings vir ’n persoon wat ’n verantwoordelike pos moet vul. Maar is dit inderdaad die heel belangrikste? Plaas ons nie gewoonweg net te veel klem op waardes wat tog uiteindelik nie ewigheidswaarde het nie?

Paulus gee, so effens tong in die kies, sy godsdienstige CV hier in Filippense 3. Met daardie CV sou hy in die beste Joodse geselskap loshande ’n pos kon verwerf. Hy is ’n gebore Israeliet, besny, Fariseër, wetsgehoorsaam en ywerig. Is dit nie miskien ook dieselfde soort CV wat baie kerkmense vandag nog voorhou nie? Gebore in ’n Christelike milieu, gedoop, wetsgehoorsaam, ywerige kerkganger. Maar is dit die dinge wat regtig saak maak, vir God saak maak?

En dan verklaar Paulus waaroor dit ná sy bekering vir hom gaan: Ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde (vers 8). Om Christus te ken – dit het vir Paulus die hoofsaak geword. Want dit is ’n saak van blywende waarde. Ja, die ander goed mag dan ook daar wees. Maar altyd ondergeskik aan die hoofsaak.

Here, ek wil U graag nog beter en beter leer ken! Amen.

In God se teenwoordigheid

Подняться наверх