Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 11

7 Januarie

Оглавление

Wanneer God jou aanraak

Toe sê Jakob: “Sê my tog jou naam,” en die man vra: “Waarom vra jy my naam?” Hy het vir Jakob net daar geseën, en Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.” Genesis 32:29–30

~

Ons leer vir Jakob ken as ’n kansvatter en bedrieër, iemand wat met die medewerking van sy ma nie skroom om agteraf te konkel ten einde met die wins van ’n eersgeboortereg weg te kom nie. Maar die eienaardigheid is dat God met Jakob besig bly. Ten spyte van ’n aantal betreurens­waardige besluite wat hy neem, bly God by hom! Wat net maar duidelik wil sê dat God nie goeie mense kies nie.

Maar toe kom Jakob op ’n dag voor ’n belangrike keuse te staan. Besluitnemingstyd. Hy is op pad terug huis toe. Hy weet nie wat vir hom wag nie. Gaan broer Esau wraak neem? Hy beplan sy strategie so fyn as moontlik. Stuur ge­skenke vir sy broer vooruit. Hoop vir die beste. En toe hy alleen deur die Jabbokrivier stap, gebeur daar iets wat sy lewe sou verander.

’n Man raak met hom aan die stoei. Die Bybel vertel baie min van die Man of van die stoeiery. Wat belangrik is, is dat ons ontdek (saam met Jakob) dat dit God self is wat op dié uitsonderlike manier oor Jakob se pad kom. Dit wil amper lyk asof Jakob die geveg wen, maar dan kry hy ’n uitklophou op sy heup. Nogtans hou hy vas en pleit vir die seën van God.

Die man wat mank-mank verder stap was nie die arrogante, selfgenoegsame Jakob nie, maar die afhanklike Israel wat sy lewe, sy toekoms in God se hande geplaas het.

Wanneer God jou aanraak (of raak slaan!) word jou lewe onherroeplik verander.

Wanneer God jou vashou

Подняться наверх