Читать книгу Wanneer God jou vashou - Johan Smit - Страница 4
Januarie
ОглавлениеUitdagings, oorwinnings … en teleurstellings
Ek wil graag hierdie maand met jou ’n aantal teksverse deel wat handel oor uitdagings wat aan die mens gestel is en die wyse waarop hy of sy daarop gereageer het. Elkeen van ons kom die een of ander tyd voor uitdagings te staan wat noemenswaardige gevolge vir onsself en vir ander mense kan hê. Baie van ons kan getuig van verkeerde opsies wat ons geneem het met bittere gevolge. Maar dan was daar tog ook die regte besluite wat vir ons vreugde en vervulling ingehou het. Toets gerus jou eie ervarings aan die aantal voorbeelde wat ek met jou gaan deel.