Читать книгу Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek - Lilian Paramor - Страница 10

CHROMOSOME

Оглавление

Elke sel in die menslike liggaam het 46 chromosome wat in 23 pare gerangskik is, waarvan een die geslag bepaal. In die vroulike eiersel, die ovum, word die geslagschromosome XX genoem, en in die manlike sperm XY. X’e skep vroulike babas en Y’e manlike babas. Wanneer ’n ovum deur ’n spermsel bevrug word, smelt 23 chromosome van elk saam. As die X van die spermsel se geslagschromosoom met die X van die ovum saamsmelt, sal die baba ’n dogtertjie wees; as die Y van die sperm met die moeder se X versmelt, word ’n seuntjie gebore. Die vader bepaal dus die baba se geslag. Die ander chromosome smelt saam om al die erflikheidseienskappe van albei ouers en hul families oor te dra.

Chromosome – HOE HULLE WERK
Vader verskafXY
Moeder verskafXX
BabadogterXXXY Babaseuntjie
Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek

Подняться наверх