Читать книгу Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek - Lilian Paramor - Страница 7

Ken jou liggaam

Оглавление

Die meeste vroue is vertroud met hul liggaam en sy funksies teen die tyd dat hulle ’n gesin beplan, maar tog is ontstellend baie vroue – selfs swanger vroue – oningelig oor die mees basiese liggaamsprosesse. Die lewe kan en sal ontluik, ongeag of ons oor ’n intieme kennis van ons liggaamstruktuur en -funksies beskik, maar ek wil graag in die eerste afdeling van hierdie Swangerskap- en geboorteboek vir diegene wat meer wil weet, lig werp op van die belangrikste faktore tydens swangerskap.

Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek

Подняться наверх