Читать книгу Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek - Lilian Paramor - Страница 9

DIE MENSTRUELE SIKLUS

Оглавление

Baie vroue is salig onbewus van die ritme van hul menstruele siklus. Dit is interessant en nuttig om beter op te let wanneer jy wil swanger raak. Verstommend genoeg is vroue wat in dieselfde omgewing woon of werk geneig om naastenby terselfdertyd te menstrueer. Menstruasie en ander liggaamsvloeistowwe word skynbaar deur die fases van die maan beïnvloed, net soos die oseane. Wanneer ’n vrou nie hormonale voorbehoedmiddels gebruik nie, is ovulasie geneig om met volmaan plaas te vind, en menstruasie wanneer die maan afgeneem het.

Die eerste dag van menstruasie word histories as die eerste dag van die siklus beskou en ons noem dit Dag Een. Dit sou egter meer korrek wees om menstruasie as die einde van ’n natuurlike siklus te beskou waartydens bevrugting nie plaasgevind het nie. Die meegaande diagram toon twee menstruele siklusse: Gedurende die eerste siklus het bevrugting nie plaasgevind nie; gedurende die tweede wel. Hierdie diagram volg die konvensie van Dag Een as die eerste dag van menstruasie. Onthou dat ovulasie gewoonlik tussen nege en sestien dae voor die volgende menstruasie plaasvind. Die duur en gereeldheid van jou siklus en jou algemene hormonale balans sal ’n invloed daarop hê. Daar is ook ’n noue verband tussen ’n vrou se emosies en haar endokriene stelsel, en die twee kan mekaar beïnvloed.


Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek

Подняться наверх