Читать книгу Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek - Lilian Paramor - Страница 16

VRAE OOR GENETIKA

Оглавление

Baie voornemende ouers is bekommerd oor of hul ongebore kind normaal sal wees. Hoe angstiger jy van nature is, hoe moeiliker sal dit vir jou wees om perspektief te behou. Onthou dat die meeste babas ‘normaal’ gebore word. Moet jou nie onnodig hieroor kwel terwyl jy swanger is nie. Verwerk eerder jou angs konstruktief.

As julle bewus is van oorerflike probleme in jul families, spreek liefs ’n genetiese raadgewer voordat julle met ’n gesin begin. Baie hartseer kan sodoende voorkom word. Verwagtende paartjies wat die risiko loop om ’n baba met genetiese afwykings te kry, sal wys wees om die nodige toetse te ondergaan om hulself gerus te stel, hulle te help met ’n moontlike besluit om die swangerskap te beëindig, of hulle tyd te gee om hulle voor te berei op die bykomende uitdagings wat die versorging van ’n baba met spesiale behoeftes bied.

Ek raai elke verwagtende ouer aan om The Antenatal Testing Handbook: The Complete Guide to Testing in Pregnancy deur Vivienne Parry en andere te lees vir ’n uitstekende oorsig oor die beskikbare toetse. Dit beantwoord al die vrae oor genetika wat baie mense voor bevrugting en gedurende swangerskap kwel.

Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek

Подняться наверх