Читать книгу Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek - Lilian Paramor - Страница 19

Berei jou geestelik en liggaamlik voor op swangerskap

Оглавление

Vroue en hul maats besef toenemend dat liggaamlike en geestelike voorbereiding op bevrugting, swangerskap en ouerskap die beste vorm van voorkomende mediese sorg is. Matige oefening dra by tot ’n gesonde swangerskap. Eet verkieslik so gereeld moontlik vars, gesonde kos en beperk verwerkte en kitskos sover moontlik. Dit is ewe onontbeerlik om rook en ander dwelms te vermy, net die heel nodigste medikasie te gebruik en alkohol voor en gedurende swangerskap streng te beperk.

Sekere aanvullings soos foliensuur kan jou algemene gesondheid verbeter en ’n gunstigste omgewing skep vir bevrugting. ’n Mens kan nie maklik ’n oordosis foliensuur inneem nie. Gebruik sowat 400 mg daagliks van ongeveer drie maande voor bevrugting en hou daarmee vol gedurende die eerste trimester. Jy hoef slegs ander vitamiene en minerale te gebruik indien jy nie gesond eet nie of dikwels olik voel. Dit is heeltemal in orde om selfs voordat jy swanger word ’n algemene swangerskapsaanvulling soos dié wat jou dokter sal voorskryf, of een van die bekende handelsname wat by apteke en gesondheidswinkels te koop is, te begin gebruik.

Suster Lilian se swangerskap & geboorteboek

Подняться наверх