Читать книгу 150 Stories - Nataniël - Страница 27

Rubber

Оглавление

Een outjie, nog jonk, stywe jean, lieflike knop, gat is ’n skoonheid op sy eie, hy loop af met die pad. Kuif is gekam, een helfte netjies, ander helfte los-los in die linkeroog. Hy loop kyk-my-boude-soen-my-lek-my af met die pad. Almal lus hom, hy lus homself.

Blind van wulpsheid vat hy sy draai en loop oor die pad. Om die hoek kom ’n bus, ry vir hom pap, pap, pap. Hy lê plat in die hitte, vang sy laaste tan.

Almal staan en kyk hoe hy bak, amper soos gom.

Da-ka-da-ka-da! kom ’n voos ou kar en vang hom met die agterste rim, tel hom op soos ’n tyre, ry hom dorpuit.

Ek dink, Goed so, jou bliksem, daar gaan jy, dink mos heeltyd jou lyfie vat jou iewers.

Maar ek verlang gouer as wat ek gedog het. Ek sien die ander ook. Ons koop almal karre. Ry heen en weer, voel die bande op die teer. Ons weet dis nie hy nie, maar dis iets. So ry ons rubber.

Soos op skool, toe die Engelsonderwyser se hand op jou skouer jou gevat het, iewers tussen hemel en hel.

150 Stories

Подняться наверх