Читать книгу 150 Stories - Nataniël - Страница 43
The Ad
ОглавлениеI quit singing in the choir just before the end-of-the-year thing. I didn’t think it was appropriate anymore and I didn’t want to give the glove back.
The Tuesday night I watched Mr Fazakas till four minutes to seven. Then I walked to the corner and turned right. I walked three blocks till the sign said Accommodation and Ladies’ Bar.
By the time I realised I was trembling and I’ve never been so scared in my life and are you off your head, what the hell are you doing here, it was too late. I was standing inside a new world, four blocks from choir practice.
I sat down at the first empty table. But my left knee doesn’t bend when I’m nervous, so I kicked the table and the ashtray fell on the floor and ev’rybody looked. I knew people don’t usually blush in bars, but I did, full face, till I was glowing like a bulb and then a black man with a tray said, Ev’ning, Sir.
I knew I couldn’t run because my knee was still locked. So I said softly, Can I see the menu, please.
The man looked at me like a blind person who’d just been healed. No menu, he said.
I suddenly remembered a TV program. Scotch, I said.
On the rocks, he said, Or with soda?
I thought, If this man brings a rock, everybody’s gonna look again.
Soda, I said.
Then he left and I picked up the ashtray. I looked at the people.
There were three men at the bar and men with women at the tables. They were talking to each other but their eyes went all over the place like they were looking for somebody.
In the corner a man and a woman both sat at the same side of the table. The man had a red face and red hands and he was putting it all over the woman. The woman had a straw in her mouth and everytime he squeezed her boob, she blew bubbles in the wine.
Suddenly the man looked at me.
Hey, papgesig, skree hy bo-oor almal, Wat kyk jy?
Ek bloos bloedrooi en my knie skop weer styf.
Die vrou wikkel teen die tafel. Tieties! giggel sy en blaas nog bubbles.
Ek vra wat kyk jy? skree die man, Ek betaal vir my pop en my dop.
Los hom, sê die barman, Hy’s ’n customer.
Maar kyk hoe lyk die ding, skree die man, Is jy ’n fokken spook?
Ek sit net daar met die asbak. Voel my ek gaan dood en kom weer by. Die drie by die bar het nou omgedraai.
Het Boetie verdwaal? sê die een.
Ek sit net.
Ons laaik jou wangetjies, sê die ander een.
Ek voel hoe gaan my gesig. My wange swel tot ek opstyg en om die vertrek sweef en weer kom land.
Die man in die hoek squeeze weer die hele vrou. Hey, blakertjie! skree hy vir my, Het jy al pruim gepluk? Is ’n lekker ding, jy skop suur tot in jou enjin!
Ja, sê die een by die bar, Hy ploeg jou propellertjie tot jy man raak.
Ek kyk hoe ver is die deur.
Six-fifty, sê die man met my Scotch.
Die geld sit vas in my sak. Ek verrinneweer my hele baadjie en gee hom tien rand.
Toe’s ek uit by die deur, verloor my rigting om die eerste hoek, hol zig-zag deur die dorp, bo-oor die maan, deur die hel, verby my geboorte, laerskool, hoërskool, katkisasie, twee jaar op Tech, drie jaar by die werk, ’n leeftyd in die woestyn, trapop tot in my flat.
Ek sit met my lelike gesig, my dooie hande, my dik gat, alles op die bankie.
Op die tafel lê die koerant, bo-op lê die handskoen.
Jou skuld! skree ek. Alles was fine tot jy kom loskrap het wat moet bly!
Niemand soek onderlyf as die res fout gegaan het nie! Help my niks! Ek bly net simpel vir ewig!
Handskoen lê op die Classifieds. Lang vinger sit op ’n blokkie. New Life sê dit. Looking for young man. En die nommer. Net so amper niks daar onder die vinger.
Ek lê heelnag wakker. My drange sit later in my keel, maar ek los die handskoen in die sitkamer.
Volgende oggend is ek opgewroeg. Vat die Classifieds en ek bel.
Dis confidential, sê die stem, Daar’s eers ’n interview. En dis ver, maar jy hoef niks te bring nie.
Ek sit siekverlof in. Lyk seker siek genoeg, want hulle vra niks. Middag vat ek die trein, amper twee ure, klim af waar die stem gesê het, die wit bussie wag in die parking lot.
Hulle ry my die ewigheid in, verby lawns met sproeiers en gesnoeide bome tot by ’n gebou wat lyk soos ’n space ship. Op die trap staan ’n beeldskone meisie.
O, hy gaan freak oor jou, sê sy, Jy’s rêrig die lelikste een wat ons nog gehad het. Masturbeer jy?
Ek sê, Ekskuus tog?
Dis vir die vorm, sê sy, Ons moet alles weet. Het jy vriende?
Ek sê, Nie een nie.
O, stunning! sê sy, En seks?
Nog nooit, sê ek.
Jy’s ’n absolute hit! sê sy, Huil jy baie?
Ek sê, Elke nag.
Dis wonderlik, sê sy, Was jy van kleins af so walglik?
Ek sê, Nog altyd.
O, ek wens ek was jy! sê sy, Hy gaan freak!
En toe gaan die deur oop en daar staan ’n wit jas. En binne-in is die mooiste wese wat nog ooit ’n broek beset het.
Sewe-en-twintig jaar se koerasie bestyg my van onder en al my senuwees sak van bo af en toe die twee bymekaarkom, gaan ek aan die bewe, byt my tong oop en huil kliphard.
You must be Stevie, sê die wese.
Ek sluk net bloed en trane en hou aan die trap vas.
Dis Dokter Seager, sê die meisie, Hy gaan vir jou toor dat jy niks meer glo nie. Teken net hier, dis vir consent.
Ek maak ’n streep oor die papier.
Dankie, sê die meisie, En jy kan maar huil soveel jy wil, hy’s bilingual.
Toe vat die wese aan my arm. Ek soek nog vir die halo, maar hy trek my saggies teen die trap op.
Kom ons gaan bad jou, sê hy.