Читать книгу Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude - Страница 19

11 Tot bo toe vol

Оглавление

’n Italiaanse volksverhaal

“Leermeester,” sê ’n soldaat eendag vir ’n wyse ou man, “ek het nou elke moontlike krygskuns bemeester, en al moet ek dit self sê, ek was in elke opsig die heel beste. Nou het ek tyd om iets van God te leer. Kan u my daarmee help?”

Die wyse ou man het stilweg geglimlag oor soveel selfvoldaanheid en die soldaat genooi om by hom te kom sit. “Kom ons drink eers ’n koppie tee voor ons verder gesels.”

Toe die soldaat sy koppie aangee, begin die leermeester die tee inskink. Toe die koppie vol is, hou hy aan met gooi totdat die tee van die piering af op die tafel loop en later op die grond drup.

Stomgeslaan hou die soldaat sy leermeester dop tot hy nie langer kan stilbly nie. “Hou op!” roep hy. “Die koppie is mos vol. Daar kan tog niks meer ingaan nie!”

Die leermeester sit die teepot kalm neer. “Ek merk op dat jy so vol is van jouself,” sê hy, “dat daar geen plek vir God is nie. Dit is nie moontlik om jou iets van Hom te leer voor jy leeg word van jouself nie.”

___________________________________

Gewoonlik is hulle wat die leegste is, die volste van hulself.

ALEXANDER SOLZHENITSYN

Hy wat verlief is op homself, hoef nooit ’n mededinger te vrees nie.

JEROME K JEROME

Stories vir die lewe-omnibus

Подняться наверх