Читать книгу Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude - Страница 20

12 Leer ken jouself

Оглавление

’n Wyse man het sy leerling belowe om hom ’n paar lewenslesse te leer. Gretig het die leerling die eerste dag van die kursus by hom opgedaag om die wyshede aan te hoor.

“Kyk, dit reën buite,” sê die leermeester. “Gaan nou uit en lig jou kop en arms op na die hemel. Dit sal jou eerste openbaring oor die lewe wees.”

Die volgende dag was die student terug. “Ek het u raad gevolg. Maar niks besonders het gebeur nie. Om die waarheid te sê, toe ek so druipnat daar staan met my oë vol water en hare wat aan my kop vaskleef, het ek soos ’n swaap gevoel!”

“Wel,” glimlag die wyse man, “dit is jou eerste les.”

___________________________________

Alleenlik wat jy is wanneer jy alleen is, is wat jy is.

AM WELLS

Wysheid is om jou eie dwaasheid te besef.

CONFUCIUS

Om te weet dat jy nié weet nie, is meer as wat baie ander mense weet.

GEORGE BERNARD SHAW

Dis goed om in jouself te glo, maar moenie te maklik oortuig raak nie.

TH THOMPSON

Stories vir die lewe-omnibus

Подняться наверх