Читать книгу Stories vir die lewe-omnibus - Piet Naude - Страница 5

Оглавление

Stories oor stories

Daar sit meer helende krag in een verhaal as in ’n rak vol dogmatiese werke.

FERDINAND DEIST

___________________________________

Die woord is oneindig magtiger as die swaard, en wie woorde kragtig én met wysheid kan gebruik, is magtiger as konings.

GEORGE MACDONALD

Die Bybel teologiseer nie oor die groot geloofswaarhede nie; dit vertel bloot die storie van God se dade en God se mense.

JOHN C VINCENT

’n Storie is soos die wind. Dit kom van ’n ver plek af en ons kan dit nie sien nie, maar ons voel dit.

LOURENS VAN DER POST

In tydlose stories herken ons onsself dikwels beter as in ’n spieël.

PAUL THEROUX

Stories vir die lewe-omnibus

Подняться наверх