Читать книгу Die waarheid oor verhoudings - Stefan Blom - Страница 12

Stap 2: Wys ’n bietjie deernis

Оглавление

Kyk dieper as die persoon wat jou ontstel en seermaak en vra jou af:

•Hoekom behandel hierdie persoon my so?

•Hoe voel hierdie persoon regtig?

Die persoon wie se woorde jou so seermaak, is bes moontlik in pyn. Dit is nie nodig om ander seer te maak nie, daarom is die persoon wat skade doen nie oukei of gelukkig nie. Dié persoon glo miskien hy of sy het die reg om so met mense te praat. Wat hy of sy ook al dink of voel, die waarheid is dat mense nie van hulself hou wanneer hulle lelik met mekaar praat nie. In eenvoudige woorde, sulke optrede laat niemand goed voel nie.

Die waarheid is: As jy ander seermaak, maak jy ook jouself seer. Wat jy aan ander doen, doen jy altyd ook aan jouself. Wat jy ontvang het, is ’n kleiner deel van wat hierdie persoon vir hom- of haarself gee. Diegene wat jou veroordeel of kritiseer, is dikwels baie meer krities oor hulself. Die persoon wat jou verwaarloos, verwaarloos ook hom- of haarself.

Om deernis te hê vir iemand wat jou sleg behandel, moet jy verby jou eie ervaring kyk en ’n dieper begrip hê van hoekom daardie persoon so optree. Kyk verby jou eie ontsteltenis en dink, met deernis, oor wat daardie persoon miskien deurmaak. Dit beteken nie julle aanvaar mekaar se skadelike gedrag nie – deernis is bloot iets wat voorkom dat jy al die seermaak wat op jou gemik is, persoonlik opneem, en dit eerder as die verantwoordelikheid van iemand anders beskou. Iemand wat jou seermaak, is nie jou verantwoordelikheid nie.

Die waarheid is: Hoe jy ook al opgetree het, ander mense het nie die reg om jou sleg te behandel nie. Jy het nie ’n lisensie om ander seer te maak net omdat jy in ’n slegte bui, ontsteld of ongelukkig is nie. As jy ander seermaak, moet jy selfondersoek doen en jou afvra hoekom jy mense op ’n manier behandel wat ook sleg is vir jou. Niemand kan jou werk vir jou doen nie.

Om met deernis aan die ontvangkant te wees van iemand se skadelike gedrag, kan jou help om ’n moeilike interaksie op ’n nuwe manier te sien. Dit kan jou interne fokus verander van “Wat doen ek verkeerd?” na “Is hierdie persoon oukei? Ek wonder hoe dit regtig met hom of haar gaan…”

Hier is van die vrae wat vir jou groter deernis vir ander kan gee.

Vrae oor jouself

•Hoekom praat hierdie persoon so met my, en hoekom behandel hy of sy my op dié manier (veral as ek niks gedoen het wat daartoe aanleiding kon gee nie)?

•Wat gaan eintlik in hierdie persoon se lewe aan wat hom of haar so teenoor my laat optree?

•Wat is my verantwoordelikheid (indien enige) in hierdie skadelike interaksie, en wat nie?

Die waarheid oor verhoudings

Подняться наверх