Читать книгу Die waarheid oor verhoudings - Stefan Blom - Страница 5

Оглавление

voorwoord

I am in love and I am lost

But I’d rather be

Broken than empty

Oh, I’d rather be

Shattered than hollow

Oh, I’d rather be

By your side

First Aid Kit, ‘Shattered and Hollow’

My woorde voel soos geskenke wat ek moet uitdeel. Dit is die woorde wat ek baie jare lank met paartjies en individue in terapie gebruik het, en wat ek geleer het by mense wat sukkel om sin te maak van hulle verhoudings. Dit is ook wat ek uit my eie verhoudings geleer het. Ek het dié woorde oor baie jare heen neergeskryf – in notaboeke, op my skootrekenaar en selfoon, en op stukke papier.

Voordat ek saans aan die slaap raak, of terwyl ek met paartjies in terapie gesels, draf, tyd saam met my gesin deurbring of op die strand stap, kom die waarheid oor verhoudings dikwels na my toe soos ’n lig in die donker. Namate ek dié woorde oor die jare neergeskryf of gesê het, kon ek sien hoe dit mense raak en hulle lewe verander.

Ek hoop my woorde bring vir jou nuwe rigting, idees en bowenal verligting.

Die waarheid oor verhoudings

Подняться наверх