Читать книгу Donderslag - Wilbur Smith - Страница 16

13

Оглавление

Aan generaal sir Redvers Buller, V.C.,

Offisier in Bevel

Britse Ekspedisiemag in Natal

Chieveley

19 Desember 1899

Waarde Heer,

Dis my voorreg om te rapporteer dat ’n verkenningstog in die nag van 18 Desember, ingevolge u bevele, deur offisiere en manskappe van die Natal Corps of Guides uitgevoer is. Die resultate word hieronder uiteengesit:

Drif gemerk “A” op die aangehegte kaart: Hoewel die drif deurgang vir ’n groot mag bied, is dit moeilik om in die donker te vind en dit word dus nie aanbeveel nie.

Brug gemerk “B” op die aangehegte kaart: Dit is ’n staal-padbrug. Hy is op die oomblik onbeskadig, waarskynlik vanweë sy sterk konstruksie wat vernietiging bemoeilik.

Brug gemerk “C” op die aangehegte kaart: Dit is ’n spoorbrug, ook van staal, maar hy is deur die vyand verwoes.

Algemeen: Beperkte indringing van die area anderkant die Tugelarivier deur elemente van die N.C.G. het vyandelike teenwoordigheid op die heuwels gemerk “D” en “E” aan die lig gebring. Geen aanduidings van artillerie of groot magte is egter opgemerk nie.

Courtney G., luitenant-kolonel

Offisier in Bevel N.C.G.

In die Veld.

Uittreksel uit generaal Sir Redvers Buller, V.C., se gevegsbevele, opgestel en geteken in die nag van 19 Desember 1899.

… Die mag onder bevel van Brigadier Lyttelton sal na Colenso opmars en die dorp inneem. Daarna sal hulle die staalbrug beset, oorsteek en die vyand van die koppies oorkant die rivier verdryf. (Sien aangehegte kaart.)

Donderslag

Подняться наверх