Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 59

Vrydag 21 Februarie 2014 Lees eers Eksodus 36:2-7

Оглавление

Meer as genoeg

[…] Die volk bring meer as wat nodig is om die werk te doen wat die Here beveel het. – Eks 36:5

GESELSVRAAG:

Wat maak dat mense maklik opoffer en gee?

“Sal dit nie wonderlik wees as hierdie woorde weer gesê word nie?” sê ’n Amerikaanse sendelingvriend nadat hy die oggend vandag se gedeelte gelees het. Die Here Jesus se Groot Opdrag was om die evangelie na alle nasies te neem, maar daar is altyd te min geld beskikbaar om dit deeglik te doen. Die sendelinge moet van gunste en gawes lewe en met onbetroubare motors tevrede wees in die mees onherbergsame dele. Hulle moet hul kinders maar tuisonderrig, want geld vir ’n internasionale skool is daar nie. Mense wat alles verkoop en prysgegee het in antwoord op God se sendingroeping word weer teruggeroep omdat die tuisgemeente ander prioriteite ontwikkel het. Ai tog!

In Moses se dae was dit anders. Mense het met vreugde gegee totdat hulle gevra is om op te hou gee – daar was oorgenoeg om die taak te volbring. So lees ons dat Wellington se gemeente in 1883 opgeoffer het om die Sendinginstituut op te rig waarvandaan honderde sendelinge die wêreld ingestuur is. Baie van die studente was arm, en het beurse nodig gehad. Maar die lidmate se sakke was oop, want die gemeente het twee keer herlewing ervaar.

Hoe lyk jul gemeente se begroting? Oorleef julle net-net? Of het julle sendelinge onder die mees onbereikte volksgroepe?

GEBED:

Here, help my om u werk met vreugde en ’n oop beursie te ondersteun.

Lees vanaand in Eksodus 36:8-30 hoe die ambagsmanne noukeurig volgens God se plan gewerk het.

Uit die beek 2014

Подняться наверх