Читать книгу Uit die beek 2014 - Attie van Wijk - Страница 60

Saterdag 22 Februarie 2014 Lees eers Eksodus 36:31-38

Оглавление

Net die beste vir die Here

Die rame is met goud oorgetrek en vir hulle is goue ringe gemaak om die dwarslatte deur te steek. Die dwarslatte is ook met goud oorgetrek. – Eks 36:34

GESELSVRAAG:

Hoe het die tabernakel gelyk toe dit klaar was?

“Ek het my nooit kon voorstel hoe die rame van die tabernakel inmekaar gesteek het totdat ek ’n illustrasie op die internet raakgeloop het nie,” skryf ’n Bybelstudent. Daar is inderdaad pragtige volkleurtekeninge op die internet beskikbaar. Dit sou ’n goeie projek vir die kinders wees om ’n bietjie navorsing te doen en die tekeninge uit te druk sodat almal kan sien.

Een ding wat egter baie duidelik is, is dat die raamwerk bedoel was om te hou. Al hout wat beskikbaar was, was doringhout. Maar elke deeltjie daarvan was met goudplaat oorgetrek om dit te bewaar. Die tabernakel kon dus eeue lank hou, al was dit net ’n tent. Die tent was ook met vier lae materiaal en velle bedek om dit te beskerm. Die verskillende dele moes presies volgens maat gemaak word, sodat dit volgende keer maklik weer opgeslaan kon word. Nogal ’n uitdaging in ’n tyd toe noukeurige meetinstrumente nog nie bestaan het nie!

Vandag het ons nie meer die tabernakel nodig nie. Elkeen van ons is ’n tempel van die Heilige Gees (1 Kor 3:16). Mense kan God nie sien nie, maar hulle kan ons sien. Hulle gaan die Heilige Gees beoordeel volgens wat hulle in ons lewens sien. Is jy ook ’n sieraad tot eer van God?

GEBED:

Here, maak my ’n sieraad vir u koninkryk.

Lees vanaand in Eksodus 37:1-16 hoe die ark van die verbond en ander toerusting gelyk het.

Uit die beek 2014

Подняться наверх