Читать книгу Uit die Beek 2015 - Attie van Wijk - Страница 15

Оглавление

Vrydag 9 Januarie 2015 • Lees eers Levitikus 8:1-12

Plegtige vergadering

… en laat die hele gemeente ook by die ingang van die tent van ontmoeting bymekaarkom (8:3).

GESELSVRAAG:

Wat is die grootste byeenkoms wat jy al bygewoon het?

“Vir my was die wonderlikste byeenkoms toe die Mighty Men op oom Angus

se plaas bymekaargekom het,” vertel ’n vriend. Daar was ’n gees van eens­gesindheid en gebed, en baie mans het daardie naweek vir die eerste keer of by hernuwing tot oorgawe gekom. Maar daardie byeenkoms van tien­duisende sou maar sleg afgesteek het by die vergadering van ons Skriflesing.

Die tabernakel het nie plek gehad om die hele gemeente te huisves nie. Sommige skrifverklaarders meen dat net die leiers van die verskillende stamme die volk daar verteenwoordig het. Hier word die ordening en wyding van Aäron en sy seuns beskryf. Die volgende 1 000 jaar was hulle verantwoordelik om as tussengangers tussen God en sy volk op te tree. Die hele volk moes weet wat hul werk was, en daarom het hierdie geleentheid in die openbaar geskied.

Sedert Christus gekom het, het hierdie amp verval (vgl Heb 10:9-10), want nou is elke gelowige ook die priester van sy of haar huis (vgl 1 Pet 2:5, 9; Op 1:6). Jesus se finale offer het ’n einde gemaak aan die diereoffers (vgl Heb 10:14).

Ons het nou die voorreg om elkeen self met God kontak te maak en vir ander voorbidding te doen (vgl Heb 10:19-22). Kom ons gebruik hierdie voorreg vandag.

GEBED: Here, ons tree vandag in vir ons familie en vriende.

Lees vanaand in Levitikus 8:13-24 hoe Aäron en sy seuns plegtig voor die volk as priesters bevestig is.

Uit die Beek 2015

Подняться наверх