Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 11

MAANDAG 4 JANUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 2:17-34

Met God op pad

Die kamp van die Leviete met die tent van ontmoeting moet altyd in die middel van die ander kampe bly wanneer hulle trek (2:17).

GESELSVRAAG: Waar kan ons vandag gaan waar God nie is nie?

“Ek het die klein pakkies wat my leraar saamgegee het, uitgehaal en die wyn in die bekertjie geskink. Weens die maan se min swaartekrag het die wyn sierlike draaie gemaak. Toe het ek die broodjie en wyn gebruik nadat ek Johannes 15:5 hardop gelees het,” vertel Buzz Aldrin van die eerste Nagmaal wat op die maan gevier is. Hy was ’n ouderling in die Presbiteriaanse Kerk toe hy op 20 Julie 1969 op die maan land. Selfs op die maan was hy bewus van God se teenwoordigheid.

Die Israeliete moes ook besef dat God oral is waar hulle moontlik sou gaan. Die reisgeselskap was dus gerangskik rondom die groep wat verantwoordelik was vir die tabernakel. Dit was die simbool dat God in sy volk se midde was, in alle omstandighede en op elke plek waarheen hulle sou beweeg.

Vanjaar is ons ook saam met God op pad. Ons hoef dus vir niks bang te wees nie. Die Here gaan saam met ons na die nuwe skool of die nuwe dorp of die nuwe bedeling by die werk. Ons sal mekaar in hierdie jaar kan bystaan as ons God midde-in ons lewe plaas.

GEBED: Here, dankie dat U vanjaar elke dag saam met ons sal wees. Help ons om dit te onthou.

Lees vanaand in Numeri 3:1-10 hoe die priesters ook hul helpers gehad het om die werk te doen.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх