Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 7

Оглавление

Welkom by Numeri

SKRYWER:

 • Moses (33:2).

EERSTE LESERS:

 • Oorspronklik geskryf vir die volk van Israel op pad na die beloofde land, maar ook as gids daarna.

DATUM:

 • Omstreeks 1400 v.C. tot 1440 v.C.

DOEL:

 • Numeri is die vierde van die vyf “boeke van Moses”, ook genoem “die wet” oftewel die Pentateug (= vyf boeke). Dit volg op die boek Levitikus en word gevolg deur Deuteronomium. Die naam kom van die sensus wat twee keer in die loop van die boek opgeneem is.

HOOFTREKKE:

 • Die opdragte wat hulle by Sinai ontvang het.

 • Die woestynreis tot net voor die beloofde land.

LET OP NA:

 • Die invloed van slegte gerugte (13–14).

 • Die klagtes en ondankbaarheid van die Israeliete.

 • God se oordeel oor sy mense toe hulle ongehoorsaam was.

CHRISTUS IN NUMERI:

 • Christus word uitgebeeld deur die rots en die water (vgl. 1 Kor 10:4). Só voorsien Christus vir sy kinders.

 • Bileam se profesie sien al vooruit na die koms van die Messias (24:17).

Uit die Beek 2016

Подняться наверх