Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 18

MAANDAG 11 JANUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Numeri 5:23-31

Die rooi lig

Maar as die vrou haar nie verontreinig het nie en getrou was, sal haar onskuld bewys word en sal sy kinders kan kry (5:28).

GESELSVRAAG: Hoe kan ons mekaar help om getrou te bly?

“Sewentig persent van die kinders in my klas kom uit gebroke huwelike,” vertel ’n onderwyseres. Die gevolg is dat die kinders sukkel met hul klaswerk, met dissipline en met verhoudings. En die hoofoorsaak van egskeidings is ’n lewensmaat wat ontrou was in die huwelik. Dit verwoes ’n gesin en ’n nasie. Kinders moet grootword sonder goeie rolmodelle. Almal kry swaar. Selfs die kinders se geloofslewe word geknou omdat hulle nie weet wat ’n liefdevolle, teenwoordige vader is nie.

Die rites van eeue gelede het ’n baie belangrike rol gespeel. Dit het mense gehelp om versoekings te vermy. As ek weet wat op my wag, dink ek twee keer voordat ek na daardie verleidelike stem luister. Ons lees nie van ’n enkele keer dat dit nodig was om dit toe te pas nie.

“Wat is die rooiligbuurt, Mamma? Pietie sê daar is so iets.” “Jy weet mos wat ’n rooi lig beteken, Fanie. Wat is dit?” vra sy ma. “Dit beteken gevaar, of stop.” “Presies. Dit beteken dat die dinge wat in daardie buurt gebeur baie gevaarlik is vir jou gesondheid, jou huwelik en jou ewigheid. Daarom moet jy betyds stop voordat jy jou hele lewe verwoes.”

GEBED: Here, bewaar ons huwelike en ons gesinne van die gevare van huweliksontrou.

Lees vanaand in Numeri 6:1-12 wat die tekens sou wees van diegene wat hulle ten volle aan die Here wy.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх