Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 15

WEEK DRIE

Оглавление

Baba gryp jou vingers stewig vas en jy kan haar selfs in ’n sittende posisie optrek. Hierdie refleks sal van ongeveer drie maande af geleidelik verdwyn. Let op dat baba ook ’n skrikrefleks het wat hom sy arms laat oopgooi en sy gesiggie laat opskroef as hy skrik. Hy kan sy kop met gemak heen en weer draai, maar sukkel nog steeds om sy nek sonder ondersteuning regop te hou.

Babas het dikwels rondom hierdie tyd ’n groeiversnelling. Net toe jy begin dink dat jy Baba se voedingsroetine onder die knie het, sal hy moontlik ’n paar dae lank meer moet drink. Dit beteken nie dat jou melk te min of te flou is nie. Verslap eenvoudig jou pas vir die volgende paar dae en laat Baba toe om meer dik­wels te drink om jou melkvoorraad op te bou. Sy voedingspatroon sal weer binne ongeveer drie dae na normaal terugkeer. Bottelbabas het ook groeiversnel­lings en het dan meer melk nodig. Dit is waarskynlik beter om bloot meer dikwels te voed as om meer op ’n slag te gee.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх