Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 23

Maand Drie en Vier MYLPALE

Оглавление

Baba is nou ’n waarlik gesellige wesentjie, die ene glimlaggies en koergeluidjies. Sy bewegings is baie meer soepel en jy sal sy persoonlikheid daagliks voor jou oë sien ontluik. Wanneer jy Baba om haar middel vat en optel, sal jy sien dat sy haar bene van plesier uitskop. Borsvoeding sal baie vlotter verloop, en hoewel jy nog steeds byna alles vir jou baba moet doen, sien jy meestal die silwer randjie eerder as die donker wolk. Die aanhoudende gekwyl laat baie ma’s dink dat Baba binne­kort gaan begin tande kry, maar dit is onwaarskynlik aangesien die meeste babas eers op ses maande begin. Baba gryp na voorwerpe in haar omgewing en verken alles met haar mond, en dit is wat die oorvloedige speekselafskeiding stimuleer. Let op hoe fassinerend hy sy voete vind.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх