Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 25

Maand Vyf MYLPALE

Оглавление

Op hierdie ouderdom verskaf Baba hope plesier en hy babbel aanhou­dend en glimlag maklik. Sy aan­steek­like laggie sal jou dae opvrolik. Baba het waarskynlik teen dié tyd die kuns bemeester om heen en weer te rol, en hy hou daarvan om hom op sy arms reg­op te druk wanneer hy op sy maag lê. Moedig dit aan. Sy glimlag ook graag vir haarself in die spieël. Die groot halfjaarmylpaal is net om die draai!

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх