Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 29

Maand Sewe en Agt MYLPALE

Оглавление

Jou baba kan moontlik skielik begin skaam raak vir vreemdelinge of mense wat sy nie dikwels sien nie. Dit is omdat babas in dié stadium daarvan bewus raak dat hulle afsonderlik van ander mense bestaan. Baba sal met voorwerpe op ’n tafel slaan, kos uit jou bord gryp en dit geniet om die middelpunt van die aandag te wees. Teen Maand Agt kan sy voorwerpe tussen haar wysvinger en duim vashou en vir Ma aanbied, maar dit nog nie laat los nie. Die meeste ouers verwag in dié stadium van hul babas om op ’n veel meer volwasse wyse te slaap en te eet. Dit kan vir jou ’n tydperk van verwarring en ongelukkigheid word as daar nie aan jou verwagtinge voldoen word nie. Veral ma’s sien hul baba se onvermoë om deur te slaap as ’n teken dat hulle iets verkeerd doen.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх