Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 43

MEER OOR KOLIEK EN HIK

Оглавление

Talle ouers neem hul baba die eerste keer dokter toe omdat sy aanhou huil en niks wat julle doen blykbaar die kleintjie kan troos nie. Die gevreesde diagnose van koliek word dikwels gemaak, maar moenie bekommerd wees nie, neem die volgende ter harte en lees oor elke moontlike oplossing onder die son in die uitgebreide afdeling oor koliek in hierdie gids.

•’n Harde, deurdringende gehuil tydens voedingstye, voortdurende winderig­heid, ’n rooi gesiggie en opgetrekte arms en bene dui op ’n gefrustreerde baba met ko­liek. Bied elke voeding in die vorm van ’n paar gange aan, voed soms tussendeur en gee ColicCare indien nodig.

•Voortdurende knieserigheid terwyl Baba klaarblyklik groot dele van die dag pyn verduur, is net so pynlik vir die ma as vir die baba, maar homeopatiese Chamomilla-tablette sal die toestand aansienlik verbeter.

•As Baba op voorspelbare tye van die dag huil, dikwels hik en melk opbring, en kragtige stoelgange het, gee die Sister Lilian weefselsout Mag. phos. voor elke voeding.

•As Baba op Ma se angstigheid reageer en dit soos koliek lyk, probeer om jouself met homeopatiese Rescue Emotion te behandel om die situasie te ontlont.

•Alle babas met koliek reageer goed as ’n mens hul magies regs om (met die klok) masseer met spesiale olies wat kamille en dille bevat.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх