Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 27

Maand Ses MYLPALE

Оглавление

Al is jou baba in dié stadium ’n bondeltjie vreugde, kan hy moontlik ook baie ge­frustreerd raak met die lewe. Hy kan aan dinge dink wat hy graag sou wou doen en dinge sien wat hy graag wil hê, maar buite sy bereik is! Dit is ’n veeleisende stadium vir die ouers, wat Baba sy doelwitte moet help bereik, maar sonder om outomaties alles vir hom te doen: babas moet hierdie energie van hulle gebruik om hul eie vermoëns te ontwikkel. Baba sal binne­kort leer kruip en dan sal die lewe weer makliker raak. Hy sal een voorwerp laat val om ’n ander op te tel, interessante voorwerpe nader “hark”, met hulp regop sit, stewig staan as jy hom vashou en voorwerpe tussen sy vingers begin vashou.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх