Читать книгу Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg - Lilian Paramor - Страница 34

Maand Elf en Twaalf MYLPALE

Оглавление

Jy kan seker skaars glo dat Baba se eerste jaar byna agter die rug is! As jy terugdink, sal jy besef dat die kuns om te ontspan die sleutel tot suksesvolle ouerskap is en dat jy die een is wat jou baba se belange op die hart dra. As jy geleer het om jou instink te vertrou, het jy jou baba die beste moontlike voorsprong in die lewe gegee – ongeag of jy altyd gedoen het wat as korrek beskou word. Jy sal jou kan verluister aan die manier waarop jou baba se spraak ontwikkel: teen ’n jaar uiter hulle bewuste, doelgerigte klanke en sowat twee tot drie woorde het herhalende betekenis. Babas wriemel graag deur nou plekke, gooi voorwerpe op die vloer om ’n reaksie uit te lok, en kan enige tyd van nou af tot tussen vyftien en agttien maande begin loop.

Suster Lilian se babasorgboek: Tradisionele en natuurlike sorg

Подняться наверх